Voorwaardes

 

Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie

 

Deelnemers neem deel op eie risiko. Die organiseerders of die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gebeurlikheid of verliese wat mag ontstaan uit deelname aan die kompetisie of uit die gebruik van die riglyne wat gegee word vir die kweek van die pampoene nie.

 

Die grootte van die pampoene sal bepaal word deur die pampoen te weeg

 

Alle pampoene moet in goeie eetbare toestand wees.

 

Al die pampoene wat op die dag van die beoordeling uitgestal word, word die eiendom van die Organiseerders en sal vir liefdadigheid geskenk word.

 

Deelnemers moet self besluit wanneer die saad geplant word

 

Geen inskrywing sal op die dag van die beoordeling aanvaar word nie. Slegs inskrywings wat voor die datums aanvaar is sal beoordeel word.

 

Inskrywing gelde beloop R50-00 plus R 5-00 vir posgeld per inskrywing

 

Vier pitte word uitgestuur vir elke inskrywing.

 

Meer pitte kan aangekoop word teen R 50-00 per pakkie

 

U kan inskryf vir enigeen van die drie wedstryde.

 

Inskrywing kan ook direk gedoen word by die punte wat aangegee word. Kyk onderKompetisies

 

 Luister na Radio Pretoria by www.radiopretoria.co.za vir gereelde praatjies en inligting