Pampoen joernaal

Volg 'n paar deelnemers in hulle stryd om die wenner te kweek!

Week 1 - 107 kb - PDF formaat

Week 2- 428 kb - PDF formaat

Week 3 - 176 kb - PDF formaat

Week 4 - 5 - 227 kb - PDF formaat

Week 6- 381 kb - PDF formaat

Week 7 - 201 kb - PDF formaat

Week 8 - 256 kb - PDF formaat

Week 9 - 11 - 134 kb - PDF formaat

Week 12 - 130 kb - PDF formaat

Week 13 - 18 - 194 kb - PDF formaat

 

Sodra jy van mening is dat die laaste rypgevaar verby is kan daar begin word om te plant. Voorbereiding en die beplanning kan egter lank voor die tyd begin. Pampoen is ‘n somersweergewas wat direk in die grond geplant word sodra die laaste ryprisiko van die seisoen verby is.  Rankgewasse verkies matige koel nagte met dagtemperature wat warm genoeg is om vegetatiewe plantgroei te stimuleer. Baie warm dae laat pampoengewasse vinnig in ‘n stres en verwelktoestand indwing vanweë hoë vogbehoefte wat die vogopname vermoë van die plant oortref. Optimum groei temperatuur vir pampoene is tussen 20-24°Celsius.

 

Hoe lank groei Pampoene?

Groot pampoene soos die sal langer groei as ander bekende tipes. Vanweë die groter vrug wat gedra word moet seker gemaak word dat die plant  genoegsame groeityd het sodat die vrug maksimale grootte kan bereik. Indien daar reeds in Augustus geplant wil word kan dit meebring dat die vrug reeds in Desember  bekwaam sal wees wat dan ‘n langer periode gaan gee waarin die pampoen moontlik kan bederf. Algemeen word aanvaar indien die kompetisie datum 19 Maart 2005 is dat ongeveer 2-3 weke voor die kompetisie die regte tyd sal wees wanneer die pampoen volwasse en maksimale grootte moet bereik. Indien die eerste week van Oktober geplant wil word kan die pampoen reeds in Februarie bekwaam wees. Gewoonlik groei die pampoen tussen 110-170dae afhangend wanneer geplant word.

Daar word aanbeveel dat die pampoen eers in die eerste week van November geplant moet word wat genoegsame groeityd en rypwordingstyd vir die vrug sal gee. Indien in November geplant gaan word kan die pampoen in Maart reg wees en laasgenoemde sal dan genoegsame groeityd gee sodat die pampoen maksimum grootte kan bereik.

 

Plantspasiëring

Afhangend die ligging en die plek waar besluit gaan word om die pampoen te plant kan daar verskillende benaderings wees watter spasiëring gebruik gaan word. Indien daar in die agtertuin geplant gaan word en die spasie is langer as wat die breedte is sal die afstand tussen die plante verder wees. Indien die stuk grond wel meer vierkantig is sal die spasiëring tussen die plante nader wees.

 

 ‘n Aanbeveling wat as algemene riglyn gebruik kan word is om die plant genoegsame spasie te gee vir rankontwikkeling. Die vrug word nie naby die stam geset nie maar ongeveer in die helfte van die rank se potensiële lengte wat  4-6m van die stam af is. ‘n Spasiëring van 6m x 6m sal die plant maksimale sonligonderskepping gee om optimaal te fotosinteer. Indien die fabriek van blare te klein is is die plant nie instaat om ‘n groot vrug te produseer nie. Hoe groter die plant hoe beter is sy vermoë om ‘n groot pampoen te produseer.

 

Grondvoorbereiding

Maak grond deeglik los tot op ‘n diepte van 50cm. Begin vroegtydig die nodige voeding inwerk in die vorm van kraalmis @ 1kg per m2 groeioppervlakte. Met plant maak ‘n plantgat 20cm diep x 1m deursnee  in die middel van die goed voorbereide area.  Maak seker dat die walletjie van plantgat hoog genoeg sal wees om genoegsame water op te vang tydens besproeiing.

 

Plant aksie

Voor plant bemes die plantgat met 250g superfosfaat en 250g kaliumchloried. Werk die bemesting deeglik in voor plant. Ekstra kraalmis kan vook in die plantgat ingewerk word @ 1kg per plantgat. Plant 2 pitte per plantgat 5cm diep. Benat sodra  klaar geplant is. Raadsaam om plantgat te bedek met ‘n fyn sifdraad  sodat muise nie die saad kan opeet nie.

 

Saailing stadium

Sorg dat grond ten alle tye genoegsame vog het en dat jong saailinge nooit verwelk. Indien beide pitte opgekom het dun die swakste saailing uit om slegs een plant per plantgat te laat. Waak teen lentekewers en snywurms. Begin reeds 1e stikstof bemesting gee @ 5g Kalksteenammoniumnitraat (KAN) per plantgat ongeveer 10 cm weg vanaf plantjie. Meng die KAN met die grond deur dit in te werk.

 

Vegetatiewe groeifase

Plant moet ten alle tye genoegsame vog ondersteuning hê. Bemes weekliks met 5g KAN per plantgat voordat besproei word. Waak teen lentekewers , CMR kewers en springkane wat jong blare en stingelgroei kan beskadig.

 

Blom fase

Plant sal beide manlike en vroulike blomme maak. Gewoonlik sal manlike blomme eerste  verskyn gevolg deur die vroulike blomme om genoegsame stuifmeel te verseker. Omrede slegs een vrug per plant geproduseer wil word kan daar aan die begin van die blomfase 2 vroulike blomme toegelaat word om te bestuif. Nadat bestuiwing plaasgevind het en die jong bestuifde vrug geset is en geen afspening voorkom nie kan die swakste een van die 2 vrugte verwyder word.  Die plant sal voortdurend nog vroulike en manlike blomme produseer maar moet dit versigtig verwyder word tot aan die einde van die groeiseisoen. Waak teen CMR kewers wat deur die geel kleur van die blomme aangelok word. Spuit ook vir pampoenvlieg ‘n insekdoder elke 10dae. Spuit verkieslik in die na-middag wanneer heuningbye se aktiwiteite afgeneem het.  Ondersteun die plante verder met ‘n Boor en Calsium blaarvoedingsaanvulling deur Calmabon saam met die insekddoder te spuit om goeie bevrugting en saadontwikkeling binne in die vrug te verkry. Gebruik ook ‘n kleefmiddel soos Nufilm P om te verseker dat die insekdoder en voedingsondersteuningsmiddel nie afgewas kan word deur reën of besproeiing nie. Bemes nog weekliks met 5g KAN per plantgat.

 

Reproduktiewe fase

Beskerm die vrug so goed as moontlik teen enige meganiese, klimatologiese en ondierskades aangesien slegs een vrug per plant geproduseer word.  Indien moontlik kan die vrug toegelaat word om op ‘n sagte bed van enige strooimateriaal soos koringstrooi of enige gesnyde gras te laat groei. Dit sal die vrug beskerm teen enige grondinsekte wat moontlik die vrug vanuit die grond kan aanval.

 

Die groei van die vrug kan beinvloed word indien onvoldoende grondvog gedurende die periode voorkom.

 

Vir goeie vrugkwaliteit  is dit belangrik dat Kaliumbemestings vlakke hoog is.  Sterk selwande sal goeie raklewe gee wat belangrik is vir die groot vrug.  Indien vrugte reeds in Februarie bekwaam is sal die hoë kalium vlakkke die vrug ‘n langer raklewe gee tot en met die dag van beoordeling.

 

Gebruik deurgaans EM om die pampoen gesond te hou en groei te bevorder Skakel TLU SA of Louis Meintjes vir navrae. Inligting oor organiese verbouing van gewasse kan ook op die Agriweb SA webtuiste gekry word

 

Sterkte en alle voorspoed!!!