|
|
|
DIE DOEL
VAN DIE GOLIAT VAN GAT
|
|
PAMPOENGROEI KOMPETISIE
|
|
|
|
Die primêre doel van die projek is om landbou
weer onder die publiek se aandag te bring. Deur die mense weer in die grond te
laat dolwe en werk glo ons dat dit hulle lewenskwaliteit sal verbeter. Ons glo
ook dat die projek die waarde van die Boere van
Suid Afrika as die primêre voedsel verskaffer van ons land, sal bevestig. TLU SA
met sy strukture is ‘n unieke organisasie wat sy lede vergesel en ondersteun op
alle vlakke van boerdery |
|
|
|
As u deelneem weet
dat u maar na een of twee pampoene kyk.
Ons
Boere plant jaarliks duisende hektare om u van voedsel te voorsien Maal u
probleem met u een pampoen, met duisende, dan sal u ‘n idee hê wat dit ons
Boere kos om elke dag vars produkte op die rak te voorsien |
|
__________
|
|
|
|
Die ander hoofdoel is om die hongersnood van ons
mense aan te spreek. Ons het met die 2005 kompetisie, 1500kg pampoen en drie
vragte bestanddele, klere en goedere aan Volkshulp 2000 www.boer.co.za/welsyn/volkshulp2000.html
gegee vir hulle aksie om die nood te verlig. |
|
|
|
Al die inskrywings word die eiendom van die
Organiseerders, en die pampoene sal deur Volkshulp 2000 verwerk word en
ingesluit word by die kospakkies wat aan die hulpbehoewendes uitgedeel word. |
|
|
|
Van die pampoene sal gebruik word vir promosie
werk, en instansies kan
die pampoene koop en gebruik om hulle besighede te bemark Die opbrengs wat so
verkry word, word weer gebruik om ander noodsaaklikhede aan te koop. |
|
__________
|
|
|
|
Ons wil die gemeenskap meer betrokke kry by ons
liefdadigheidswerk en elke deelnemer word versoek om ‘n ekstra groente soorte te
plant en dit die dag van die beoordeling saam te bring sodat ons die kinders
behoorlik kan
help. Besoekers word ook versoek om hulle deel by te dra en die dag van die
beoordeling ‘n ekstra bossie wortels of beet of ‘n ou kledingstuk saam te
bring. |
|
|