PERSVERKLARING

PIETERSBURG DLU

TEL: 015 – 297 3784 / FAKS: 015 – 297 2197 / E-POS: pdlu@ctec.co.za

DATUM: 4 SEPTEMBER  2006

..........................................................................................................................................

GOLIAT VAN GAT HET SY DAWID GEKRY!

 

Die Goliat van Gat Liefdadigheid kompetisie het Saterdag 2 September 2006 tot ’n einde gekom. Dié kompetisie is deur Pietersburg Distrik Landbou-Unie uitgeskryf en bedank die Voorsitter, Mnr Jannie Jacobs al die skole en kinders wat deelgeneem het. Sonder hulle samewerking sou die projek nie ’n sukses gewees het nie.

 

BEOORDELING

Die inskrywings was van hoogstaande gehalte. Dit het dit behoorlik kopkrap gekos om die wenners aan te wys. Die wenners is die afgelope Saterdag, 2 September 2006, by die Boeremark, wat elke Saterdag by Builders Warehouse plaasvind, aangekondig. Elke leerling wat ingeskryf het, het ’n sertifikaat vir deelname ontvang, en die wenners het ook elk ’n medalje en prys gewen. Die wenners was as volg:

 

Inkleur kompetisie vir graad R tot graad 2

1ste – Rhode van Niekerk – Laerskool Ivypark

2de – Monique Coetzee – Laerskool Ivypark

3de – Bianca Jardim – Akademie Reformia

 

Inkleur kompetisie vir graad 3 tot graad 7

1ste – Janette Wienand – Laerskool Ivypark

2de – Stefaans Botha – Laerskool Ivypark

3de – Schering Brits – Laerskool Ivypark

 

Laerskool Ivypark het 77 inskrywings gehad en is aangewys as die wen-skool en ontvang ’n sertifikaat en ’n wisseltrofee. Verder ontvang hulle 10% van al die blikkieskos wat ingesamel is, om aan behoeftige gesinne in hul skool te skenk. 

 

SKENKING AAN LIEFDADIGHEID

Die inskrywingsgeld het bestaan uit blikkies kos of kontant. Die kontant is gebruik om nog blikkieskos aan te koop. Al die blikkieskos wat ingesamel is, word geskenk aan liefdadigheid. Die oorhandiging van die skenking vind plaas op Dinsdag 5 September 2006, om 07:45 tydens die saal opening van Laerskool Ivypark. Die Maatskaplike werker van Martha Hofmeyer tehuis, sal die skenking in ontvangs neem.

 

Mnr Jacobs het gesê dat hierdie wedstryd nou ’n jaarlikse instelling gaan word en hy spreek sy hoop uit dat al die plaaslike skole volgende jaar sal deelneem.

 

.............................................

Mnr J Jacobs

Voorsitter: Pietersburg DLU