23 Mei 2006
Minister Charles Nqakula
Minister van Veiligheid en Sekuriteit
Privaatsak X 463
Pretoria
0001
Geagte Minister
VEILIGHEID IN SUID AFRIKA
Aangeheg ‘n skrywe aan President Thabo Mbeki vir kennisname
Die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika waarborg ons die volgende regte:
Everyone has the right to freedom and security of the person, which includes the right to be free from all forms of violence from either public or private sources and not to be treated or punished in a cruel, inhuman or degrading way.
Everyone has the right to life
U is die verantwoordelike persoon.
Ons gee u hiermee kennis dat ons nie tevrede is nie.
U beskerm nie ons regte soos uiteengesit in die Grondwet nie.
Dit laat ons geen ander keuse as om te eis vir die skades en verliese wat ons gely het as gevolg van u onvermoë om ons regte te beskerm.
Aangeheg die besonderhede van die eise.
Opsomming
Eis 1 R 78 155-00
Eis 2 R 15 000-00 per maand
Eis 3 R 16 970-00
Eis 4 R 105 455-45
Totaal R 215 580-45
Ons is nie bereid om verder onder sulke omstandighede te leef nie, en u moet nou verantwoordelikheid vat vir die verliese wat gely word as gevolg van u onvermoë om ons regte te beskerm.
Soos wat ons verliese ly so sal ons van die Staat eis.
U sal van nou af op ‘n gereelde basis eise ontvang.
Ons verwag dat die eise onmiddellike aandag sal kry
Hierdie Unie tree op as koördineerder en u kan met ons kontak maak by
Sel Nr. 082 461 7262 sodat die saak gefinaliseer kan word.
Die uwe
LC Meintjes
(Voorsitter)