TLU SA / TAU SA

 

194 James Avenue / Jamesrylaan 194

PO Box 912-51 / Posbus 912-51

SILVERTON / SILVERTON

0127 / 0127

 

T: (012) 804-8031, F: (012) 804-2014, E: info@tlu.co.za

W: www.tlu.co.za

 

 

ATTACKERS IN POLICE UNIFORMS TORTURE VICTIM WITH BOILING WATER

 

Another elderly victim has been attacked near Ottoshoop.  After several arson attempts since Wednesday to entice the victim to leave his house, the attackers succeeded in entering the house of Mr Daantjie van Zyl (77) of the farm Weltevrede near Ottoshoop this morning (11 August 2006).  Two of the four attackers were apparently dressed in uniforms to appear as police officials.  Mr Van Zyl was assaulted and in the process, boiling water was poured over him.  Cash and firearms were stolen.

 

The President of TAU SA, Mr Paul van der Walt, said that the time has come for the implementation of appropriate measures to prevent members of the public being misled by criminals dressed in police uniforms.  The question may well be asked if somebody dressed in police uniform is friend or foe.  The SAPS faces a mammoth task to act decisively or else the already questionable trust will deteriorate further.

 

 

AANVALLERS IN POLISIE-UNIFORMS MARTEL SLAGOFFER MET KOOKWATER

 

Die soveelste wrede aanval op 'n bejaarde boer het vandag naby Ottoshoop plaasgevind.  Nadat die veld sedert Woensdag verskeie kere aan die brand gesteek is om die slagoffer se aandag af te trek, het aanvallers vanoggend (11 Augustus 2006) daarin geslaag om by die huis van mnr Daantjie van Zyl (77) van die plaas Weltevrede naby Ottoshoop in te breek.  Twee van die vier aanvallers was na bewering geklee in uniforms om hulself as polisiebeamptes voor te doen en het mnr Van Zyl ernstig aangerand.  In die proses is kookwater oor hom gegooi.  Benewens 'n groot bedrag in kontant, is vuurwapens ook geroof.

 

Die President van TLU SA, mnr Paul van der Walt, sê tereg dat die tyd nou aangebreek het dat ingrypende maatreëls getref moet word om te verhoed dat lede van die publiek deur kriminele oënskynlik in polisie-uniforms geklee, mislei word.  Die vraag kan tereg gevra word tot welke mate iemand in 'n polisie-uniform werklik vriend of vyand is.  Die SAPD het 'n baie groot uitdaging om bepalend op te tree anders gaan die reeds wankelende vertroue in die diens net verder versleg.