Skare
slaan man dood oor grond
Jan 10 2007
’n Woedende skare het gisteroggend ’n plaasbestuurder van KwaZulu-Natal doodgeslaan in ’n rusie oor eienaarskap van grond naby Melmoth.
Die 47-jarige man is deur 250 lede van die eSibhonsweni-gemeenskap aangeval toe hy ’n skoot in die lug afgevuur het tydens ’n woordewisseling oor die eienaarskap van die New Venture-plaas, wat hy bestuur het, het die polisie en die KwaZulu Regional Christian Council (KRCC) gesê.
“Hulle het hom met knopkieries en stokke aangeval en hy is op die toneel dood,” het kapt. Vusi Mbatha van die polisie gesê. Sy motor is uitgebrand.
Volgens Mbatha is die presiese omstandighede van die aanval nog nie duidelik nie. Niemand is nog gearresteer nie