TLU SA / TAU SA

 

194 James Avenue / Jamesrylaan 194

PO Box 912-51 / Posbus 912-51

SILVERTON / SILVERTON

0127 / 0127

 

T: (012) 804-8031, F: (012) 804-2014, E: info@tlu.co.za

W: www.tlu.co.za

 

NQAKULA CONFIRMS "REASONABLE ACTION" IN ABNORMAL CIRCUMSTANCES

 

The Minister of Safety and Security, Mr Charles Nqakula recently confirmed what TAU SA been saying for a considerable time - the SAPS should shoot to kill when a person points a firearm at them and that the criminals should be treated with maximum force.

 

The President of TAU SA, Mr Paul van der Walt has reacted to the Ministers' statement by asking what the difference would be between the actions of a police official who is confronted by an armed criminal and circumstances within which farmers (and other members of society as well) find themselves when confronted by violent criminals.  Mr van der Walt sees no difference.  Law-abiding citizens are regularly confronted by violent situations which shows no respect for life.

 

The time has arrived that the Minister's position in this regard should be used in courts of law to measure actions of reasonable people.  It is a well-known fact that crime is becoming more violent.  The MEC for Safety and Security in Gauteng, Mr Cachalia, has confirmed this in the very recent past.

 

 

NQAKULA BEKRAGTIG REDELIKE OPTREDE IN ONREDELIKE OMSTANDIGHEDE

 

Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr Charles Nqakula, het met sy uitlating dat lede van die SAPD moet skiet om dood te skiet as iemand 'n wapen op hulle rig en dat sodanige boosdoeners met die maksimum geweld hanteer sal word, bevestig wat TLU SA vir 'n geruime tyd reeds sê.

 

Die President van TLU SA, mnr Paul van der Walt, het na aanleiding van die Minister se uitlatings gevra wat die verskil sou wees tussen die optrede van 'n polisiebeampte op wie 'n vuurwapen gerig word, en die omstandighede waarin baie boere (en ook ander lede van die samelewing) hulself bevind as hulle deur gewapende geweldenaars gekonfronteer word?  Daar is syns insiens geen verskil nie.  Die wetsgehoorsame burgers van Suid-Afrika word daagliks gekonfronteer deur geweldsituasies waarin respek vir lewe nie 'n duit werd is nie.

 

Die tyd het nou aangebreek dat die Minister se standpunt as maatstaf in die howe gebruik word waaraan die optrede van redelike mense gemeet kan word.  Dit is 'n algemene feit dat misdaad meer gewelddadig word.  Hierdie standpunt word onder andere deur die Gauteng LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, mnr Cachalia, bevestig.

 

Die optrede van onskuldige burgers om lewe en eiendom met beskikbare middele, insluitend vuurwapens, te beskerm, is alles behalwe abnormale gedrag.  Veel eerder is dit kenmerkend van die billike optrede van normale mense in abnormale omstandighede.