MISDAAD IN SUID AFRIKA

Hoeveel landsburgers moet nog besteel en vermoor word voor die regering daadwerklik aandag sal gee aan misdaad.

Die landbou gemeenskap staan op die voorpunt van die aanslag, en ons het ons limiet bereik.

 

Die Staat moet nou betaal vir die verliese wat gelei word as gevolg van misdaad.

Dit is nie aanvaarbaar dat slagoffers van misdaad die rekening moet betaal nie.

Ons eis van die regering vir alle skade wat gelei word as gevolg van misdaad.

 

Aangeheg twee skrywes met ‘n opsomming van die eerste eis van die slagoffers van misdaad in die Cullinan omgewing.

 

Daar is ook begin met ‘n webblad waar alle plaasaanvalle en misdade teen die boere gemeenskap aangeteken word.

Die blad sal bestaan uit drie afdelings

  1. Plaasmoorde
  2. Plaasaanvalle
  3. Opsomming van die eise van die slagoffers teen die Staat van

 

Die adres van die webblad is www.farmattacks.co.za of www.plaasaanvalle.co.za

Die eerste data sal binne die volgende paar dae geplaas wees

Die webblad sal aanvalle oor die hele Suid Afrika aanteken.

Ten einde die data so volledig moontlik te maak word die gemeenskap versoek om besonderhede deur te stuur per epos na louis@agriwebsa.com of per faks na 086 610 8518. Die persoon wat die besonderhede stuur moet kontakbesonderhede saamstuur sodat die inligting met hom bevestig kan word.

 

NAVRAE                   LOUIS MEINTJES (Voorsitter)

 

Tel                              012 7320128

Sel                              082 461 7262