TLU SA / TAU SA

 

194 James Avenue / Jamesrylaan 194

PO Box 912-51 / Posbus 912-51

SILVERTON / SILVERTON

0127 / 0127

 

T: (012) 804-8031, F: (012) 804-2014, E: info@tlu.co.za

W: www.tlu.co.za

 

 

KENNISGEWING : VEILIGHEID : KRIMINELE IN SAPD UNIFORMS

 

Verwysingsnommer:          RK27/1/6

Datum:                                 11 Augustus 2006

Navrae:                                Mnr Chris van Zyl, Bestuurder Veiligheid,

                                             veiligheid@tlu.co.za

 

 

Lede se aandag word dringend daarop gevestig dat kriminele in 'n toenemende mate van SAPD uniforms (of klerasie wat so lyk) gebruik maak om toegang tot plase te verkry.  Daar bestaan groot kommer dat kriminele hulself as SAPD lede mag voordoen met die spesifieke doel om vuurwapenkluise te inspekteer of iets dergeliks. Sodoende word ongehinderde toegang tot woonhuise en kluise verkry.

 

Benewens om op hierdie optrede bedag te wees, word geadresseerdes aangemoedig om spesifieke reëlings met die SAPD te tref wat daarop neerkom dat die Protokol wat besoeke aan plase reguleer, toegepas word.  Dit is eweneens belangrik dat SAPD lede wat afsprake maak om plase te besoek, die SAPD stasie se Telkomnommer verskaf sodat die besoek behoorlik bevestig kan word indien nodig.  Sou slegs selnommers voorsien word, is dit uiteraard moontlik dat sodanige nommer aan enige persoon mag behoort wat hom- of haarself as 'n  polisiebeampte mag voordoen.

 

Daar is ook duidelike aanduidings dat brandstigting deur kriminele gebruik word om slagoffers uit hul huise te lok of te mislei.  Lede moet asseblief daarop bedag wees om nie goedsmoeds te reageer voordat daar nie bo alle twyfel vasgestel is dat die omgewing waarin gewoon en gewerk word, veilig is nie.  Desnoods moet hulp en bystand vroegtydig ingeroep word.

 

Die noodsaaklikheid om behoorlik opgelei en paraat te wees, neem by die dag toe.  Ons lede se veiligheid moet ons erns in woord en daad wees.