PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 22 MEI 2006
..........................................................................................................................................
VERWYS NA DIE MENSEREGTE KOMMISSIE
Mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesę dat die haatspraak buite die hof in Dendron op 17 Mei 2006 geheers het, na die Suid Afrikaanse Menseregte Kommissie verwys is.
Mnr Joubert het gesę hy is verbaas oor die opsigtelike en openlike betrokkenheid van die ANC by die haatspraak. Dit is ook verontrustend dat lede van die SAPD so vrylik en gemaklik saam met die groepie beweeg wat die haatspraak aangevuur het. Die toekoms sal leer of die gebeure op Dendron deel vorm van ‘n goed beplande haat veldtog teen blanke kommersiële boere. Sulke optrede word dikwels aangevuur deur die opruiende toesprake deur onverantwoordelike politici.
Soos in die verlede, gebruik die SAKP weer kinders as kanonvoer. Dit is jammer dat ‘n ontwikkelende land soos Suid Afrika, nog steeds nie geleer het dat kinders in die skool hoort nie. Dit is nog meer jammer dat die ouers ook nie besef dat armoede se greep net gebreek kan word indien kinders hulself bekwaam nie.
Mnr Joubert het gesę dat Mnr Steyn alreeds skuldig bevind is. Hy kan kwalik ‘n regverdige verhoor verwag. Die meriete van die saak blyk van minder belang te wees.
Mnr Joubert het verwys na ‘n voorval op Nylstroom waar ‘n bejaarde vrou, Mev van Tonder, deur ‘n senior vroulike lid van die SAPD raakgery is. ‘n Dossier is op 13 Julie 2005 geopen, en ‘n ongeluksverslag is opgestel. Die hof het glo geweier om die SAPD offisier te vervolg. In vergelyking met die saak op Dendron, is dubbele standaarde duidelik sigbaar. Indien ‘n slagoffer wit is, en die vermeende skuldige swart is, blyk dit nou dat die kanse goed is dat die saak nie eers die hof sal haal nie. Indien die slagoffer swart is, en die vermeende skuldige wit is, word borgtog summier geweier en die persoon word sonder verhoor, skuldig bevind.
Mnr Joubert het gesę dat TLU SA Noord die haatspraak na die Suid Afrikaanse Menseregte kommissie verwys het.
.............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie