PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 2 MEI 2007
..........................................................................................................................................
MEDIATOER 2007 OP HANDE
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het alle joernaliste uitgenooi om aan die opwindende jaarlikse Mediatoer van TLU SA Noord deel te neem.
UITNODIGING AAN ALLE JOERNALISTE GERIG
Mnr. Joubert het gesę dat TLU SA Noord graag van die geleentheid gebruik wil maak om alle joernaliste hartlik uit om nooi om deel te neem aan die opwindende Mediatoer wat spesiaal vir joernaliste gereël word.
THABAZIMBI SPRING ALMAL VOOR
Mnr. Joubert het die voorsitter van die Thabazimbi DLU (Distrik Landbou Unie), Mnr. Jan Viljoen, bedank vir die moeite wat gedoen is om die uiters sinvolle program voor te lę. Thabazimbi DLU was die eerste DLU wat ‘n volledige toerprogram voorgelę het. Dit is duidelik dat Thabazimbi graag met hulle mooi węreld wil spog! Joernaliste sal ook met die harde werklikheid van boerdery in die ongenaakbare węreld te doen kry.
TOERPROGRAM
Die Toerprogram is soos volg:
Donderdag 24 Mei 2007
11H00 – 13H00 - Veiling op Dwaalboom.
Spreker - Kallie Coetzee. Hy gaan kortliks praat oor die veiling:
Boere begin teeldiere verkoop as gevolg van droogte. Pryse daal 40 % vanaf Desember 2006. Slaghuis pryse nie 40 % gedaal nie – verbruiker kan dus steeds nie meer koop nie. Die aanbod verhoog terwyl verbruik nie gestimuleer word nie.
13H00 – 16H00 – Besoek bees en wildsplaas
Spreker - Richard Herholdt.
Hy verduidelik dat voer duurder geword het maar sy pryse vir vleis het gedaal. Wild word of gaan gevoer word. Wild in verlede nie as boerdery aktiwiteit gesien nie en ontvang dus geen ondersteuning tydens droogte van staat nie.
16H00 – 18H00
Spreker – Henk Schutte
Hoe lyk dit op ‘n besproeiingsplaas. Ellisras kragstasie wat water gaan opneem uit rivier en die effek op boerdery.
Die aand word op ‘n jagplaas oornag en die gaste sal aan ‘n heerlike braaivleis kan smul.
Vrydag 25 Mei 2007
08H00 – 9H00
Na ontbyt vertrek die toergroep vanaf Dwaalboom met Ganskuil pad na Molatedi dam.
10H00 – 11H00 Besoek aan saaiboer wat graan opgaar
Riaan Cilliers wys lande en silo om graan op te gaar want vervoer probleem by ons. Kry ook beter pryse as langer stoor, want tydens stroop is pryse op sy laagste.
11H30 – 13H00 Besoek plaas waar droëland bewerking voorkom
Bert van Aarde se droëlande wat bewerk is en nie geplant nie, asook geplant maar geen oes word verwag nie.
13H00 – 14H30
Heerlike braaivleis by Bert van Aarde.
15H00 – 16H00 Besoek besproeiingsplaas
Besoek Bertus Ras en Dries Jonker se lande en hoor wat besproeiing se verwagtinge is vir seisoen vorentoe.
16H00 – Gronpad terug Dwaalboom toe en dan huis toe.
DOEL VAN DIE MEDIATOER
Die doel van die toer is om joernaliste bloot te stel aan die werklikhede waarmee landbou in Limpopo worstel.
PRAAT MET ONS BOERE
Voorsiening word gemaak vir ruim gespreksgeleenthede met lede van TLU SA Noord sodat joernaliste op datum gebring kan word met die nuutste ontwikkelings in landbou. Die toer sal joernaliste blootstel en inlig ten opsigte van die werklike sake van belang in landbou – ’n moet vir elke professionele joernalis.
SKAKEL DADELIK
Mnr. Joubert het joernaliste uitgenoom om so gou moontlik met die Streekkantoor van TLU SA Noord by 015 – 297 3749 te skakel sodat plek bespreek kan word op die heerlike GRATIS mediatoer. Slegs ’n beperkte getal joernaliste kan ongelukkig geakkommodeer word.
Mnr. Joubert het gesę dat die mediatoer een van die hoogtepunte op die TLU SA Noord kalender is. Persoonlike kontak met joernaliste word as uiters noodsaaklik beskou en die toer word met groot sorg beplan.
..............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie