TLU SA / TAU SA

 

194 James Avenue / Jamesrylaan 194

PO Box 912-51 / Posbus 912-51

SILVERTON / SILVERTON

0127 / 0127

 

T: (012) 804-8031, F: (012) 804-2014, E: info@tlu.co.za

W: www.tlu.co.za

 

 

DROUGHT SITUATION

 

Due to the incessant drought as well as the scorching heat of the past months, grain farmers in certain areas have already suffered losses up to 50% of their estimated crop yield, an internal survey done by TAU SA revealed.

 

Although the grain industry has been hit the hardest, the impact of the drought and heat on other agricultural sectors such as livestock and dairy farming is also devastating.  Even irrigation farmers are becoming increasingly worried about the situation, and saturating rain is urgently needed.

 

During the last meeting between TAU SA and the Minister of Agriculture, this threatening situation was discussed.  A letter regarding the seriousness of the situation was sent through to the Department of Agriculture and enquiries were made about possible relief that can be offered to prevent a national disaster.  Should any form of relief be made available to farmers, TAU SA will be eager to be of assistance to the Department.  Any developments in this regard will be brought to the attention of the agricultural sector as a matter of urgency.

 

DROOGTE SITUASIE

 

As gevolg van die ononderbroke droogte asook die uiterste hitte toestande oor die afgelope paar maande, word graanboere se verliese volgens 'n interne ondersoek deur TLU SA, in sekere omgewings tot soveel as 50% van hul verwagte oesopbrengs geskat. 

 

Alhoewel die graanbedryf die ergste getref is, is die impak van die droogte en hitte op ander bedrywe soos die vee- en melkbedryf ook vernietigend en is dit duidelik dat die landbousektor in 'n ernstige wurggreep sit.  Selfs besproeiingsboere se bekommernis neem vinnig toe en deurdringende reën is dringend nodig.

 

Tydens die laaste afspraak met die Minister van Landbou, was dié dreigende situasie reeds opgeneem en bespreek.  'n Skrywe is dan ook aan die Departement van Landbou gerig waarin die erns van die situasie gekommunikeer is en navraag gedoen is oor moontlik verligting vir boere om 'n nasionale ramp te kan voorkom. 

 

Sou enige vorm van verligting beskikbaar gestel word aan boere, sal TLU SA graagdie Departement behulpsaam wil wees.  Enige verwikkelinge in die verband sal spoedeisend  met die landbousektor gekommunikeer word.