PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 25 APRIL 2007
..........................................................................................................................................
SUID AFRIKAANSE PADAGENTSKAP – ONWETTIGE PADTEKEN
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dat die Streekkantoor opdrag ontvang het om met die Padagentskap in verbinding te tree sodat die onwettige Makhado padteken verwyder kan word.
BRIEF AAN PADAGENTSKAP
In ‘n brief gedateer 25 April 2007 is die hofuitspraak aangehaal:
2. The order of the court as set aside and replaced by the following:
The decision of the first respondent in terms of section 10(1) of the South African Geographical Names Council Act 118 of 1998, and published in Government Notice 864 of 20 June 2003, to approve the change of the geographical name of the town Louis Trichardt is reviewed and set aside.
In die brief word gevra wanneer die Padagentskap die onwettige borde gaan verwyder sodat die uitspraak van die Hof nagekom kan word.
KOSTE AANGEVRA
Daar word ook gevra wat die beraamde koste sal wees om die onwettige padtekens te verwyder en met die wetlike korrekte borde te vervang.
ALLE PAAIE IN SUID AFRIKA
Die hof se gesag strek oor die hele Suid Afrikaanse grondgebied en nie net in Limpopo nie. Daarom moet alle aanduidings wat die naam Makhado bevat, verwyder word.
LES TE LEER
Mnr. Joubert het gesê dat daar ‘n belangrike les uit die gebeure te leer is. Organisasies, besighede en regeringsinstansies behoort hieruit te leer dat Suid Afrika ‘n grondwetlike land is. Die howe, en in besonder die Grondwet, het ‘n hoër bevoegdheid as die nasionale minister.
WIE MOET ALWEER BETAAL?
Die ironie is dat dit alweer die arme belastingbetaler is wat vir die onbekwaamheid en wanbestuur moet betaal. Die vraag kan gevra word waarom moet daar elke jaar ‘n verhoging in tolgelde verdra word, waarom moet onpopulêre tolpaaie verdra word as belastingbetalers geld met minagting gemors word.
Die legitimiteit van die regering om die gesag van die staat te hanteer, kan met reg betwyfel word. Vuisvoos belastingbetalers behoort grondwetlike gehoorsame strukture in plek te stel sodat die blatante vermorsing van belastingbetalers se swaar verdiende geld gestop kan word.
..............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie