PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 7 MAART 2007
..........................................................................................................................................
SAL ESKOM VERANTWOORDELIKHEID AANVAAR?
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesę dat die jagseisoen nou vinnig nader kom en dat oorsese en plaaslike jagters in die streek gaan inbeweeg.
BETREDING SONDER TOESTEMMING
Mnr. Joubert het gesę die betreding van privaatgrond deur beweerde Eskom werknemers, veroorsaak groot kommer in die streek. Meterlesers en sogenaamde kontrakteurs wat die lyne moet oopkap, betree eiendom sonder toestemming en dikwels sonder dat die eienaar van hul teenwoordigheid bewus is. Die voertuie van die sogenaamde kontrakteurs en werknemers is dikwels ook ongemerk.
PLAASBESOEK PROTOKOL
Die Plaasbesoek protokol, wat nou al tot vervelens toe met Eskom op alle vlakke bespreek is, word nie nagekom nie. Mnr. Joubert het gesę dat die Protokol nie alleen die eienaar van die plaas se veiligheid waarborg nie, maar ook die veiligheid van die Eskom werknemers en sogenaamde kontrakteurs.
JAGTERS JAG MET GEWERE NIE KETTIES NIE
Mnr. Joubert het Eskom gewaarsku dat jagters met gewere jag. Die bedoeling is nie om met ketties te speel nie. Indien Eskom werknemers of kontrakteurs sonder toestemming eiendom betree, sal die eienaar nie van hulle teenwoordigheid bewus wees nie. Koeëls trek ver in die bos en sulke persone kan hulself baie maklik onwetend in n gebied waar daar gejag word, bevind.
WIE SE VERANTWOORDELIKHEID
Mnr. Joubert het gevra of Eskom verantwoordelikheid sal aanvaar indien van die Eskom werknemers of kontrakteurs doodgeskiet of gewond word omdat die eienaar en jagters nie van hul teenwoordigheid bewus was nie? Is Eskom bewus daarvan van die reëlings rondom die jagbedryf? Hy het Eskom werknemers en kontrakteurs aangemoedig om by die Plaasbesoek Protokol te hou. Die Protokol is ingestel om die eienaar maar ook besoekers se veiligheid te beskerm.
Mnr. Joubert het gewaarsku dat die betreding van eiendom sonder toestemming, ernstige stremming tussen grondeienaars en Eskom tot gevolg het. Dit is in belang van alle partye dat Eskom die ooreengekome Plaasbesoek Protokol streng moet nakom. Eskom word dringend gevra om saam te werk sodat die veiligheid van almal verseker kan word.
.............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie