PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 27 NOVEMBER 2006
..........................................................................................................................................
OOREENKOMS TUSSEN GARRUN BOERE MAKELAARS EN TLU SA NOORD
Mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het sy tevredenheid uitgespreek met die ondertekening van die ooreenkoms tussen die Garrun Boere Makelaars (EDMS) BPK groep en TLU SA Noord.
ONDERTEKENING
Die ondertekening van die kontrak het plaasgevind op 22 November 2006 na maande lange onderhandeling tussen die twee partye. Makelaars wat ook lede van TLU SA Noord is, het die aanvoer werk gedoen.
OOREENKOMS
Die ooreenkoms sluit in dat Garrun Boere Makelaars die allenreg verkry om as korttermyn versekeraars die struktuur van TLU SA Noord vir bemarking mag gebruik. TLU SA Noord sal die ledelyste aan die makelaars beskikbaar stel vir bemarking. Die makelaars verkry ook toegang tot alle ledevergaderings.
BEMAGTIGING VAN STRUKTURE
Mnr Joubert het gesê dat die doel van die aksie die ekonomiese bemagtiging van strukture is. Op die oomblik hou lede die struktuur aan die gang deur lidmaatskap gelde. Die doelwit is om die finansiële las op lede te verlig.
MAKELAARS
Makelaars wat bekend is aan lede is aanbeveel en aan sulke makelaars is die geleentheid gegee om die lae risiko produk te bemark.
DIREKTE VOORDELE VIR DIE LID
Die Garrun Boere Makelaars waarborg tussen 10% en 15% afslag op polisse bedrae. As vergoeding en diensfooi vir die diens word ’n bedrag gelykstaande aan 15% van die kommissie bedrag aan TLU SA Noord uitbetaal. Die fondse sal gebruik word om strukture instand te hou en om die finansiële las op lede te verlig.
Mnr Joubert het gesê landbouer, wat as ’n lae risiko in die versekeringwese beskou word, gaan nie langer hoë risiko verbruikers subsidieer nie. Die ooreenkoms plaas die premie van korttermyn versekering in lyn met die lae risiko van landbouers. TLU SA Noord sal steeds voortgaan om beter bedinging vir sy lede te bewerkstellig en verskeie ander maatskappy is reeds genader.
.............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie