PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD - PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 21 MEI 2007
..........................................................................................................................................
MEDIATOER: FINALE PROGRAM
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dat die TLU SA Noord Mediatoer 2007 beloof om uiters interessant en insiggewend te wees.
PROGRAM VIR DONDERDAG 24 MEI 2007
13:00 Besoek bees en wildsplaas, Dwaalboom. Aanbieding deur Richard Herholdt ; Wild en
Beesboerdery, knelpunte as gevolg van droogte.
14:30 Vertrek en besoek besproeiingsplaas by Makoppa. Aanbieding deur Henk Schutte; Die faktore wat besproeiing beïnvloed uit die Krokodilrivier.
Oornag by Combretum Lodge, Thabazimbi
18:30 Bekendstelling van die werksaamhede van die Vroue Landbou Unie, Thabazimbi Distrik.
Marie Helm: Terugvoer oor PLCTT vergadering, Jan Viljoen: Bedankings,
Ben Welgemoed Tafelgebed, Aandete -Spitbraai
Vrydag 25 Mei 2007
07:00 Ontbyt word bedien.
08:00 Vertrek na Molatedi Dam.
09:30 Aanbieding deur Henk Schutte; Historiese inligting oor bou van Molatedi dam.
10:30 Besoek droë land saaiboerdery. Aanbieding deur Riaan Cilliers; Bemarkingsrisiko van graanboere.
11:00 Besoek bewerkte lande by Bert van Aarde.
12:30 Nuttig ligte middag ete by Saamwerk Boerevereniging saal. Aanbieding deur Nimrod Barnard; Finansiële risiko van verskillende gewas aanplantings.
13:30 Besoek besproeiings lande by Bertus Ras en Dries Jonker.
15:00 Vertrek terug huiswaarts , reis veilig en dankie vir die besoek.
NOG PAAR PLEKKE
Mnr. Joubert het joernaliste wat graag nog die besonderse mediatoer wil bywoon, gevra om so gou moontlik die streekkantoor te kontak by 015 – 297 3749.
DOEL VAN DIE MEDIATOER
Mnr. Joubert het gesê die doel van die mediatoer is om joernaliste op ‘n informele wyse aan die werklikhede van die boer bekend te stel. Ook om geleentheid te skep sodat joernaliste en lede mekaar beter kan leer ken en om joernaliste kans te gee om persoonlik met boere te kommunikeer. Maar dit is ook ‘n geleentheid vir TLU SA Noord om joernaliste te bedank vir hul groot bydrae tot die uitbou van ‘n gematigde beeld van landbou en om die werklikhede van landbou onder die algemene publiek se aandag te bring.
THABAZIMBI DLU
Mnr. Joubert het die voorsitter van die Thabazimbi DLU (Distrik Landbou Unie), Mnr. Jan Viljoen, bedank vir die voorbereiding van die mediatoer en die besonderse program wat hulle gaan aanbied.
Mnr. Joubert het gesê dat die mediatoer beslis as een van die hoogtepunt van 2007 beskou word. Hy het die joernaliste wat saamgaan, bedank vir die tyd wat hulle afstaan om deel te neem.
..............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie