PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 19 FEBRUARIE 2007
..........................................................................................................................................
EIENDOMSREG KONFERENSIE INGRYPENDE VOORSTELLE
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesę dat die Nasionale Eiendomsreg Konferensie van TLU SA op 15 Februarie 2007 het ingrypende en toekoms gerigte voorstelle op die tafel gesit.
REGERINGSBELEID EN DIE UITVOERBAARHEID DAARVAN DR JAN DU PLESSIS
Dr. Jan du Plessis het gewys op die verval van die kapasiteit en vernietiging van menslike kapitaal in plaaslike regering. Hy het ook gewys dat die kapasiteit en menslike kapitaal nie maklik vervang kan word nie. Hy het ook gesę dat dit nou tyd is om koelkop te bly en om nuut te dink. Meeste munisipaliteite in die land het alreeds finansieel in duie gestort, kan nie meer kapitaal projekte uitvoer nie en dienste verval op groot skaal. Kundigheid moet opgebou word om die magdom wette wat op plaaslike regering van toepassing is, te bestuur. Die regering is polities uiters suksesvol maar het bitter min regeer vermoë. Dit moet ook in aksieplanne verreken word.
IS POLITIEK UITGEDIEN?
Die vraag kan gevra word of politieke strukture uitgedien is. Lede van TLU SA word aangemoedig om goedgesinde raadslede te vind vir inligting nie vir impak nie. Die onvermoë om beleid, wetgewing en begrotings te implementeer, maak politiek uiteindelik waardeloos.
Dit het uit die voorleggings na vore gekom dat Suid Afrika meer en meer in die rigting van n eenparty staat met sentrale beheer beweeg. Mnr. Joubert het gesę dat dit wil voorkom asof die poging van die ANC om die aantal provinsies te verminder bloot daarop gemik is om politieke mag te verstewig en het skynbaar niks met goeie administrasie te doen nie. Dit moet in strategiese planne verreken word.
LANDBOUSTRUKTURE EN PLAASLIKE REGERING AKSIES EN BESTUUR
Mnr. Ben Marais, TLU SA voorsitter van die Plaaslike Regeringskomitee, het aangedui dat verskeie aksies reeds deur TLU SA aangepak is. Goeie riglyne vir die hantering van plaaslike regering bestaan reeds. Opleiding ivm die Munisipale Heffingswet is ook reeds gedoen en verskeie lede is alreeds opgelei. TLU SA is by uitnemendheid gerat om strukture by te staan en te begelei in onderhandelinge met munisipaliteite.
GRONDWETLIKE GEHOORSAME STRUKTURE
Die konferensie het ook gehoor dat die proses om grondwetlik gehoorsame strukture in plek te stel, reeds prakties toegepas word. Grondwetlike gehoorsame strukture is nodig wanneer munisipaliteite nie langer hul grondwetlike verpligtinge kan nakom nie. Die stigting en vestiging van Grondeienaarsforums of soortgelyke verenigings moet in plek kom sodat munisipaliteite bygestaan kan word om hul grondwetlike verpligtinge na te kom en om gesonde finansiële en administratiewe bestuur in munisipaliteite aan te moedig. Dit word nou noodsaaklik dat inwoners van dorpe en stede met landbouers hande moet vat om die strukture behoorlik in plek te kry.
Mnr. Joubert het gesę dat die riglyne vir die instelling van grondwetlik gehoorsame strukture nou in plek is. Dit sal strukture in staat stel om sinvol met munisipaliteite te onderhandel en indien nodig, alternatiewe strukture in plek te stel waar kundigheid wel opgebou en behou kan word.
.............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie