PERSVERKLARING

TLU - SA NOORD

PIETERSBURG STREEKKANTOOR

TEL: 015 – 297 3749 / FAKS: 0866 180 781 / E-POS: marie@ntlu.co.za

DATUM: 18 MEI 2007

..........................................................................................................................................

MESSINA MUNISIPALE HEFFINGS KOMITEE

 

Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het inwonders van Messina dorp en grondeienaars wat in die Messina munisipale gebied val, uitgenooi om by die komitee betrokke te raak wat besig is met ‘n aksie om die implementering van die Munisipale Heffingswet te monitor. Lede van TLU SA Noord is reeds deel van die komitee wat met die munisipaliteit in gesprek is rondom die implementering van die wet 6 van 2004.

 

PLAASEIENAARS OOK DEEL VAN MUNISIPALITEIT

Mnr. Joubert het weereens ALLE grondeienaars, die wat eiendom in Messina en ook die wat op plase woon wat in die Messina munisipale gebied val, opgeroep om betrokke te raak by die komitee.

 

VOORBEELD IN LAND WAAR PROSES SKEEF GELOOP HET

Mnr. Joubert het alle grondeienaars herinner aan gebiede waar die proses erg skeef  geloop het.

 

Emakhazeni Munisipaliteit:

Die meeste eiendom in die munisipaliteit se dorpe – Belfast, Machadodorp, Waterval-Boven en Dullstroom – se waarde het ingevolge die raad se nuwe waardasierol met meer as 800% gestyg, het mnr. Ernst van den Berg, ’n boer van die omgewing, gesę.

 

Kimberley:

Belastingbetalers moet beswaar maak teen die evaluering van hul eiendomme deur die Sol Plaatje-  munisipaliteit, want geen aanduiding word gegee wat die geldelike impak daarvan sal wees nie.

Só sę die belastingbetalersvereniging in ’n verklaring. Die vereniging wil hę die raad moet die sperdatum met ’n verdere 21 dae verleng sodat die belastingbetalers genoeg tyd het om hul evalueringsvorms te ontvang, te ondersoek en op die gewysigde evaluering te reageer. Luidens die verklaring het die raad ’n bewese geskiedenis van onbetroubaarheid, ondoeltreffendheid en traagheid.

 

KZN:

Sekere plaaslike munisipaliteite in KZN steur hulle nie aan wetgewing wat bepaal dat belastings en heffings nie die landbou en ekonomiese bedrywighede mag benadeel nie. Volgens Kwanalu, die provinsiale landbou-unie, is dit duidelik dat van die plaaslike munisipaliteite hulle nie steur aan wetgewing en beleid wat bepaal dat belastings en heffings nie die landbou en ekonomiese bedrywighede mag benadeel nie. La Marque sę daar is geen eenvormigheid by die bepaling van waardasies oor munisipale grense heen nie. "Daar is voorbeelde van verwronge waardasies aan die Noordkus waar groot verskille vir dieselfde soort landbougrond oor munisipale grense heen voorkom. In een geval is 'n bosbouplantasie wat in twee munisipale gebiede val, deur die een munisipaliteit gewaardeer vir R3 000/ha, terwyl die ander munisipaliteit dit vir R15 000/ha waardeer."

 

RAAK INGELIG

Mnr. Joubert het alle grondeienaars aangemoedig om seker te maak dat hulle ingelig word. Enige grondeienaar is welkom om die Streekkantoor op Pietersburg (015 – 297 3749) of die DLU kantoor op Louis Trichardt (015 – 516 3963)  vir meer inligting te skakel. Grondeienaars moenie wag totdat die beleid geďmplementeer word, voordat opgetree word nie. Die tyd is nou ryp om gesamentlik op te tree tot voordeel van almal in die gemeenskap.

 

 

 

..............................................

Mnr F Du Toit - Voorsitter: Kommunikasie