PERSVERKLARING

TLU - SA NOORD

PIETERSBURG STREEKKANTOOR

TEL: 015 – 297 3749 / FAKS: 0866 180 781 / E-POS: marie@ntlu.co.za

12 MAART 2007

……………………….............................................................………………

KENNISGEWING: BESOEK DEUR DEPARTEMENT VAN ARBEID

 

Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het lede aangemoedig om die kennisgewing ten opsige van besoeke deur die departement van Arbeid, na te volg.

 

KENNIS VAN INSPEKSIE

Mnr. Joubert het gese lede moet seker maak dat amptenare van die Departement van Arbeid kennis van enige inspeksie vooraf aan lede deurgee. Lede het die reg om ‘n ander datum vir die besoek voor te stel indien die datum van die departement nie geskik is nie.

 

BEVESTIG DIE VOLGENDE

Die amptenare van die departement Arbeid  moet skriftelik die afspraak bevestig. Versuim om die afspraak skriftelik te bevestig, beteken dat die afspraak nie sal plaasvind nie. ‘n Ander afspraak moet dan gemaak word.

 

REELINGS TEN OPSIGE VAN DIE BESOEK

Die volgende reelings moet vooraf skriftelik bevestig word:

·                     Rede vir die besoek

·                     Aard van die inspeksie

·                     Watter dokumente gaan aan inspeksie onderwerp word

·                     Die name en identiteitsnommers van die inspekteurs wat die perseel sal besoek

·                     Die registrasienommer van die voertuig waarvoor toegang gevra word

 

Die volgende sal ook geld:

·                     Die voertaal van die besoek is Afrikaans

·                     Die aantal besoekers word beperk tot drie

·                     Inspekteurs sal die demografie van die land weerspieel, met ander woorde daar sal ten minste een blanke persoon wat Afrikaans magtig is, teenwoordig wees

·                     Die Plaasbesoek Protokol sal ten alle tye geld.

 

VEILIGHEID

Gesien in die lig van die veiligheidsituasie, aanvalle en moorde op plase sal die sekuriteitsreelings altyd op die hoogste vlak gehandhaar word. Enige poging om geforseerd toegang of skending van die reelings vir besoek sal lei tot onmiddelle beeindiging van die besoek en ontruiming van die perseel tot gevolg he.

 

Mnr. Joubert het gese dat lede kan verwag dat die amptenare van die departement van Arbeid blanke boere sal besoek na die geforseerde eensydige afdwinging van die ekonomies onhaalbare minimumloon.

 

 

...................................

Mnr F du Toit - Voorsitter: Media