PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD
PIETERSBURG STREEKKANTOOR
DATUM: 1 DESEMBER 2006
..........................................................................................................................................
VERSLAG NOU DRINGEND
Mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het gesę hy hoop dat die ouditeurfirma wat betrokke was by die ondersoek na die onreëlmatige berekeninge en uitermatige hoë verhogings in toelaes van raadslede, die verslag binnekort aan die Streekkantoor beskikbaar sal stel.
VERSLAG REEDS GERUIME TYD GELEDE AANGEVRA
Mnr Joubert het gesę die eerste brief is reeds op 4 Oktober 2006 aan die betrokke ouditeursfirma gestuur met die versoek dat n afskrif van die verslag aan die Streekkantoor gestuur moet word.
MUNISIPALITEIT ERKEN NIE EERS AANVRAAG
Mnr Joubert het gesę op 4 Oktober 2006 is n brief aan die Munisipale Bestuurder van die Makhado Munisipaliteit in Louis Trichardt gestuur met die versoek dat n afskrif van die verslag aan die Streekkantoor oorhandig moet word. Daar is nog nie eers erkenning van ontvangs ontvang nie. Die verslag is ook nog nie aan die Raad voorgelę nie. Bronne het aangedui dat alhoewel die Munisipale Bestuurder die verslag aan die Raad wou voorlę, sekere ANC raadslede dit gekeer het.
BEWEERDE GROOTSKAALSE BEDROG
Mnr Joubert het Raadslede gewaarsku dat hulle, dalk sonder hulle medewete, beskou kan word as betrokke by grootskaalse bedrog en korrupsie. Hy het raadslede gewaarsku dat TLU SA Noord nie sal rus voordat die inhoud van die verslag aan die publiek bekend gemaak is nie. Regstappe sal oorweeg word om, indien bedrog bevind word, die geld wat op die skynbaar onwettige manier bekom is, terug te betaal.
IS SALGA BETROKKE?
Mnr Joubert het aangedui dat die beweerde betrokkenheid van SALGA in die saak ook ondersoek sal word. Die vraag kan gevra word of SALGA nog die funksie verrig waarvoor dit aanvanklik in die lewe geroep is? Daar sal beslis gekyk moet word na die moontlike stigting van n ander Plaaslike Regering werkgewersorganisasie.
VERSLAG NOU DRINGEND
Mnr Joubert het aangedui dat hy hoop dat die outditeursfirma nie langer allerhande administratiewe verskonings sal gebruik om die verslag doelbewus of dalk onder politieke druk, terug te hou nie. Die laaste brief wat aan die firma geskryf was, is die hoop uitgespreek dat die firma nie aan politieke druk sal toegee nie, maar die verslag spoedig sal beskikbaar stel.
Mnr Joubert het gesę dat TLU SA Noord nie sal toelaat dat moontlike bedrog of foutiewe berekeninge die belastingbetalers miljoene rande uit die sak gaan jaag nie.
.............................................
Mnr F Du Toit
Voorsitter: Kommunikasie