img24.gif

 

Een van die grootste probleme wat Agri Besighede mee opgesaal sit is die gebrek aan inligting. Sonder goeie betroubare inligting kan geen besigheid sinvolle besluite neem nie.

Die enigste waarvan ons seker kan wees in landbou, is dat dinge verander. Om te oorleef moet ons op hoogte wees van die tendense, verbruikers voorkeure, produk ontwikkeling en geleenthede. Ons is seker dat hierdie webblad die boere van Suid Afrika sal help om in pas te wees met dit wat gebeur en dat die wat deel is van hierdie webblad ‘n voordeel sal hê bo die wat nie dit gebruik nie.

Ons plaas ons vertroue op ons Hemelse Vader van wie ons afhanklik is en wat ons in beheer geplaas het van sy skepping.  Mag ons as Landbouers ook ons verantwoordelikheid dit wat HY ons gegee het oordeelkundig en met verantwoordelikheid gebruik en produseer sodat almal in Suid Afrika genoeg sal hê om te eet en te drink.

 

img25.gif

 

img26.gif

Ons missie is om ons boere te bemagtig deur inligting op AGRIWEB SA te verskaf wat die boer kan help om ingeligte besluite te neem en sodoende sy Agri besigheid meer winsgewend te bedryf.

Ons Visie is om ‘n webblad daar te stel wat nasionaal genoegsame landbou inligting bevat, sodat ‘n besigheid ‘n ingeligte besluit kan neem. Elke Agri Besigheid moet voordeel uit hierdie webblad kan baat.

 

img27.gif

 

Louis Meintjes

info@agriwebsa.com

Francois du Toit

Tel: 082 461 7262

Tel: 083 656 9230

Faks: 086 610 8518

Faks: 086 618 8458

louis@agriwebsa.com

swapo@agriwebsa.com